✝
Masset Andre
28 June 2008 · Cullinan smallholding · Gauteng · Shot
Masset was laat die aand besig om in ’n huis op die hoewe te werk. Sy vrou en hul vyfjarige dogtertjie het op daardie stadium in ’n naburige huis op dieselfde perseel na ’n DVD gekyk. Sy vrou het omstreeks 23:00 ’n skoot gehoor. Hoewel sy by die venster uitgekyk het, kon sy weens die donker niks ongewoons sien nie. Masset het kort daarna by die huis ingestrompel waar sy gesin was. Hy was ernstig gewond, maar kon nog die naam van die vermoedelike skieter (wat glo van ’n buurplaas afkomstig was) aan sy vrou oordra. Hy het oomblikke later voor die oë van sy vrou en jong dogtertjie aan sy beserings beswyk.
View the full memorial →