✝
Potgieter Andre
19 June 2009 · Waterbron holding, Bloemfontein · Free State · Hacked/Axed
Mnr. Potgieter is op 13 Junie 2009 in die vroeë oggendure in sy huis oorval. Die aanvallers het sy woning gewelddadig betree en hom met ’n piksteel en ’n koevoet aangerand. Hy het ernstige kop- en liggaamsbeserings opgedoen. Hy is weens die geweldige aanranding na die hospitaal gehaas, waar hy op 19 Junie 2009 aan sy beserings beswyk het. Die aanvallers het die huis geplunder en onder meer met sy vuurwapens gevlug.
’n Man genaamd Joseph Lechuti (38) is kort daarna deur die polisie vasgetrek. In Maart 2010 is Lechuti in die Vrystaatse Hooggeregshof deur regter A. Kruger tot 35 jaar tronkstraf gevonnis weens die moord en roof met verswarende omstandighede.
Let wel dat Andre Potgieter die vader was van Attie Potgieter wat saam met sy vour en hulle 2 jarige dogtertjie Willemien ook wreed in 'n plaasmoord naby Lindley vermoor is.
View the full memorial →