✝
Hettema Jan
29 June 2016 · Kleinhoewe Tweedrag, Boschkop, Pretoria · Gauteng
Age 83. Twee gewapende rowers het die huis omstreeks 08:00 die oggend betree en Hettema, sy vrou Elsa (68), en ’n plaaswerker oorval. Hettema is tydens die struweling in die gesig geskiet en is op slag dood. Die aanvallers het sy vrou Elsa aangerand en vasgebind, terwyl die werker in ’n kas toegesluit is. Elsa kon haarself na sowat ’n uur loswikkel om hulp te ontbied.
Hettema was ’n uiters bekende sportfiguur wat Suid-Afrika in 1956 as fietsryer by die Olimpiese Spele verteenwoordig het, waarna hy na motorsport oorgeskakel en die Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenkampioenskap vyf keer gewen het. Hy was ook die pa van die bekende Suid-Afrikaanse sangeres en aktrise, Helena Hettema.
View the full memorial →