✝
Hayward Clint
20 October 2004 · Louis Trichardt · Limpopo · Shot
Age 38. Hulle is in die kop geskiet terwyl hulle in die slaapkamer van hul huis geslaap het. Die huis was direk langs die bekende Mountain View Hotel in die Soutpansberg-berge (net noord van Louis Trichardt) geleë, waarvan hulle die eienaars was. : Hul 12-jarige dogtertjie, Tamryn, het die vreeslike ontdekking vroeg die Woensdagoggend gemaak. Sy het gaan ondersoek instel nadat sy wakker geword het en agtergekom het haar pa het haar nie (soos gewoonlik) wakker gemaak nie. Sy het haar ouers se liggame in die bed aangetref. Inbrekers het ten spyte van uitstekende sekuriteitsmaatreëls by die woning ingebreek. Twee Zimbabwiese burgers, Themba Chirume (20) en Liberty Marumo (18), is later vir die moorde in hegtenis geneem. 'n Derde medepligtige (Jasyson Chadhebhaglo) het na Zimbabwe gevlug.
Chirume, ’n voormalige werknemer van die Hayward-egpaar by die hotel, het reeds kort na sy inhegtenisneming in Oktober 2004 ’n formele pleit van skuldig (admission of guilt) in die Musina-landdroshof afgelê. Hy het ook die polisie gelei na die plek waar die moordwapens (insluitend ’n wapen wat by ’n SANW-basis in Makhado gesteel is) versteek was.Liberty Marumo (18): Hy is kort daarna as medepligtige aangekla. Albei beskuldigdes is weens die erns van die misdaad (dubbele moord en gewapende roof) sonder borgtog in aanhouding gehou.
View the full memorial →