Pretorius Rudolph "Rudie"

Pretorius Rudolph "Rudie"

7 July 2014 · Plaas Bloempoort, Groblersdal · Limpopo · Shot
Age 54. 'n Bende van vier mans het eers die egpaar se twee honde op die plaas vergif. Hulle het daarna die diefwering voor 'n badkamervenster afgebreek om sodoende toegang tot die huis te verkry. Mnr. Pretorius se vrou, Hanlie, is met 'n geweer oor die kop geslaan. Daar het 'n skietgeveg ("oor-en-weer-skietery") tussen mnr. Pretorius en die aanvallers in die huis ontstaan. Mnr. Pretorius is tydens die skietery in die gesig geskiet. Hy is kort daarna in 'n helikopter (medicopter) op pad na die hospitaal weens sy beserings oorlede. Ongeveer drie uur voor die aanval (omstreeks 01:30) het dieselfde bende vermoedelik probeer inbreek by 'n buurman, Willem Bouwer, se huis op die plaas Witpenskloof. Die alarm het egter afgegaan en hulle het gevlug sonder om iemand daar te beseer.
🔗 Source: maroelamedia.co.za
View the full memorial →
Remember the Fallen — a memorial record of South African rural farm killings.