Lötter Robbert "Robbie"

Lötter Robbert "Robbie"

6 December 2015 · Plaas Robuna, Nylstroom · Limpopo · Beaten
Age 68. Op die aand van 6 Desember 2015 het bure gesien hoe die egpaar se plaashuis in ligte laaie staan en het dadelik alarm gemaak en te hulp gesnel. Robbie se liggaam is omstreeks 19:00 die aand voor die brandende huis aangetref. Hy is vermoor voordat die aanvallers die huis aan die brand gesteek het. Una was aanvanklik vermis, wat gelei het tot 'n massiewe grond- en lugsoektog deur die polisie en die Heritage Protection Group (HPG). Haar erg verbrande liggaam is eers die volgende oggend (Maandag 7 Desember) in die puin van die afgebrande huis gevind. Niemand is ooit gevang vir die moorde nie.
🔗 Source: maroelamedia.co.za
View the full memorial →
Remember the Fallen — a memorial record of South African rural farm killings.