Snyman Anel

30 June 2002 · Plaas Buhrmannstafelkop, Ermelo · Mpumalanga · Tortured
Age 21. Me. Anel Snyman (21) se verloofde, mnr. Johan du Toit, het omstreeks tienuur op haar lyk afgekom. Sy het verskeie beserings aan haar kop en lyf gehad, het insp. Busaphi Sibanyoni, polisiewoordvoerder, gesê. Du Toit en Snyman was die vorige aand uit waarna hy haar volgens Sibanyoni om 02:30 by die huis afgelaai het. Snyman het saam met haar pa, wat die naweek uithuisig was, in die woonstel op die plaas Buhrmannstafelkop gebly. Haar moordenaar(s) het toegang tot die woonstel gekry deur 'n sitkamervensterruit te breek, het kapt. Manie van Zyl van die polisie se eenheid teen ernstige geweldmisdaad, wat die saak ondersoek, gesê. Die polisie wou geen verdere inligting oor die saak bekend maak nie.
🔗 Source: media.geni.com
View the full memorial →
Remember the Fallen — a memorial record of South African rural farm killings.