✝
Schoeman Andries "Dries"
21 June 2017 · Plaas Schoongesicht, Machadodorp · Mpumalanga · Beaten
Age 70. Mev. Schoeman het omstreeks 16:00 by die huisterrein stilgehou toe sy en haar man deur vier gewapende mans oorval is. Hulle is met 'n skerp voorwerp aangerand, met staaldraad vasgebind, van besittings beroof en daarna buite in die plantasie/bos gelos. Mnr. Schoeman het ernstige beserings en komplikasies tydens die aanval opgedoen. Hy het aanvanklik in die hospitaal om sy lewe veg, maar is 'n paar weke later op 9 Julie 2017 weens sy beserings oorlede.
Een van die hoofaanvallers, 'n Mosambiekse burger genaamd Arcolane Doce, is vasgetrek. Hy het in Mei 2018 in die hooggeregshof in Mbombela skuld erken en is in September 2018 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op mnr. Schoeman. Hy het ook 'n verdere 58 jaar tronkstraf gekry op aanklagte van ontvoering, roof met verswarende omstandighede, poging tot moord en diefstal.
View the full memorial →