De Bruyn Deon

De Bruyn Deon

17 June 2018 · Plaas Simonsvlei, Komatiepoort · Mpumalanga · Shot
Age 25. 'n Groep gewapende rowers met balaklawas het eers 'n sekuriteitswag vasgebind om toegang tot die plaashuis te verkry. Hulle het Deon de Bruyn oorval en die huis ingedwing. Binne die huis het 'n struweling ontstaan. Die aanvallers het sewe skote afgevuur. Deon is net bokant die hart getref en het op die toneel gesterf. Sy werkgewer en eienaar van die plaas, Estelle Jansen (59), is drie keer geskiet. Sy het haar dood gehou nadat sy op die grond geval het, wat haar lewe gered het. Die rowers het bloot met 'n selfoon gevlug. Die polisie het vinnig opgetree en altesaam sewe mans in hegtenis geneem. Ná 'n uitgerekte hofsaak in die Mpumalanga Hooggeregshof is al sewe beskuldigdes in September 2022 skuldig bevind op aanklagte van moord, poging tot moord, roof met verswarende omstandighede, en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie: Sifiso Madonsela, Solomon Msimango, Raul Mhlanga, Derrick Makamu, Oscar Chauke, Hendry Mahonga, Fannie Mkhabela. Die bende is in Desember 2022 swaar strawwe opgelê vir hul aandeel in die misdaad.
🔗 Source: maroelamedia.co.za
View the full memorial →
Remember the Fallen — a memorial record of South African rural farm killings.