✝
Erasmus Elsa
1 July 2017 · Amalia · North West · Shot
Age 74. Elsa Erasmus het alleen op die plaas gewoon en geboer nadat haar man, Hendrik, drie jaar vantevore oorlede is. Sy was ook die skriba van die plaaslike NG Kerk Amalia.Sy is op Saterdag 1 Julie 2017 in haar huis oorval. Die huis is omgekeer en daar is op vuurwapens, ammunisie en haar Toyota Hilux-bakkie beslag gelê.Haar ontklede liggaam is die volgende dag (Sondag 2 Julie 2017) in die veld 'n paar kilometer van die opstal gevind. Sy is vermoedelik met haar eie vuurwapen doodgeskiet en ook verkrag.
'n Spesiale taakspan van die polisie het vinnig reageer en binne twee weke ná die moord vier verdagtes vasgetrek: Thataetsile Sam Maretele, Itumeng Andries Serai, Obakeng Alfred Mopalami. 'n Vierde mede-verdagte is kort daarna aangekeer.Tydens die arrestasies in die Amalia-woonbuurt het die polisie ook op die gesteelde vuurwapen afgekom. Die verhoor het in Oktober 2018 in die Klerksdorp-rondgaande hof plaasgevind. Twee van die hoofbeskuldigdes is effektief vir die res van hulle lewe agter tralies geplaas:Oortreder 1: Is tot 75 jaar gevangenisstraf gevonnis vir sy aandeel in die moord, verkragting en roof.Oortreder 2: Is tot 55 jaar gevangenisstraf gevonnis.
View the full memorial →