Schoonraad, Kallie

Schoonraad, Kallie

23 June 2018 · Plaas Skylock, Rustenburg · North West · Shot
Age 47. Die gesin het pas klaar gekyk na 'n rugbytoetswedstryd tussen Suid-Afrika en Engeland toe vyf gewapende rowers die erf betree het. Mnr. Schoonraad se skoonpa en een van sy kinders was buite die huis toe die rowers opdaag en begin skree het. Mnr. Schoonraad het ondersoek ingestel om sy familie te help, waarna hy trompop buite die huis doodgeskiet is. Die aanvallers het daarna die huis binnegestorm, sy vrou Malindi (39), haar pa, en die egpaar se drie jong kinders (onderskeidelik 11, 10 en 5 jaar oud) vasgebind en aangerand terwyl hulle die huis geplunder het. Die rowers het huishoudelike items, selfone en vuurwapens in die gesin se wit Toyota Fortuner gelaai en gevlug. Dié gesteelde voertuig is 'n paar dae later verlate in Mosambiek teruggevind.
🔗 Source: maroelamedia.co.za
View the full memorial →
Remember the Fallen — a memorial record of South African rural farm killings.