Van Wyk Daniël "Danie"

5 July 2015 · Plaas Viskuil, Laingsburg · Western Cape · Beaten
Age 57. Sy goeie vriend, Attie Stadler, het hom deur die loop van die dag herhaaldelik probeer bel. Toe hy nie antwoord nie, is Stadler saam met die polisie na die plaashuis waar hulle omstreeks 20:00 op sy lyk in die kombuis afgekom het. Mnr. Van Wyk is vermoedelik met 'n stomp voorwerp geslaan. Hy het twee oop wonde aan sy kop en 'n oop wond aan sy bors gehad. Volgens die polisie was die motief vir die moord huisbraak. Die aanvallers het onder meer 'n kluis in die slaapkamer geteiken. Die polisie het baie vinnig opgetree en twee mans kort ná die moord in hegtenis geneem. Elroy Plaatjies (36) en Petrus Stuurman (26) is aangekla van moord en huisbraak.
🔗 Source: maroelamedia.co.za
View the full memorial →
Remember the Fallen — a memorial record of South African rural farm killings.