Steenkamp Dirk

Steenkamp Dirk

4 March 2018 · Plaas Palmietfontein, Vredefort · Free State · Shot
Age 71. Mnr. Steenkamp het die Sondagoggend net ná 07:00 sy huis verlaat om na 'n waterpomp te gaan kyk wat sowat 50 meter van die opstal af geleë is. Hy was gewapen, maar is buite deur 'n groep gewapende aanvallers (vermoedelik tussen drie en sewe mans) oorval. Forensiese getuienis op die toneel het gewys dat daar 'n intense stoeiery plaasgevind het. Sy hemp was geskeur en die aanvallers het daarin geslaag om sy eie vuurwapen by hom af te neem. Hy is op die toneel doodgeskiet. Sy vrou, Miekie Steenkamp, het drie skote van binne die huis gehoor en dadelik die polisie, plaaslike buurtwagte en omringende boere ontbied. Die aanvallers het op die vlug geslaan en slegs mnr. Steenkamp se selfoon en sy vuurwapen van die toneel weggeroof. Sy selfoon is later gedurende die ondersoek naby die misdaadtoneel in die veld teruggevind.
🔗 Source: maroelamedia.co.za
View the full memorial →
Remember the Fallen — a memorial record of South African rural farm killings.