✝
Bruwer Gabriel Daniel "Choppie"
26 June 2018 · Plaas Florida, Van Stadensrus · Free State · Shot
Age 78. Die egpaar is in die vroeë oggendure in hul plaashuis oorval.Die aanvallers het die egpaar aan stoele in hul slaapkamer vasgebind en hulle erg aangerand.Albei is daarna op teregstellingswyse in die kop doodgeskiet.Die huis is geplunder en die moordenaars het gevlug met die egpaar se silwer Chevrolet Spark, asook sewe vuurwapens, ammunisie, selfone, juweliersware, 'n skootrekenaar en 'n bankkaart.
Danksy vinnige ondersoekwerk deur konstabel Mositoane en sy speurspan van Vanstadensrus is ses verdagtes kort daarna in die Kanana-woonbuurt by Wepener vasgetrek nadat die gesteelde goedere en die voertuig in hul besit gevind is.
Motlatsi Motsetse (20): Het in 2018 skuldig gepleit op die dubbele moord en is tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat sy vingerafdrukke binne die huis gevind is.Tsediso Motankoba (27): Is in Augustus 2019 skuldg bevind en tot twee keer lewenslange gevangenisstraf gevonnis vir die moorde, plus 'n verdere 32 jaar vir huisbraak, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
View the full memorial →