Hechter Ruan

Hechter Ruan

2 July 2023 · George · Eastern Cape · Shot
Age 37. Twee gewapende mans met klapmusse het die huis kort na 22:00 betree, net nadat beurtkrag ingeskop het. Hulle het Ruan se vrou, Karen, in 'n slaapkamer oorval en geld, kluissleutels en selfone geëis. Ruan het ingestorm om sy vrou te beskerm en 'n struweling het tussen hom en die aanvallers ontstaan. Hy is tydens die geveg in die gesig geskiet en het op die toneel in sy vrou se arms gesterf. Sy bejaarde ouers was ook in die huis tydens die aanval. Die moordenaars het met slegs 'n skootrekenaar, 'n handsak en twee selfone van die toneel gevlug. Hoewel die polisie kort ná die moord twee mans in besit van die gesteelde goedere gevang het, is hulle slegs vir die besit van gesteelde eiendom aangekla. Daar is tot vandag toe geen amptelike moordklagtes of direkte skuldigbevindings teen enigiemand vir die moord self uitgereik nie
🔗 Source: georgeherald.com
View the full memorial →
Remember the Fallen — a memorial record of South African rural farm killings.