Van der Westhuizen Willem "Klonkies"

Van der Westhuizen Willem "Klonkies"

18 December 2023 · Plaas Ronderug, Van Rhynsdorp · Western Cape · Stabbed
Age 72. Mnr. Van der Westhuizen en sy vrou, Christine (71), is omstreeks 21:00 in hul huis oorval nadat vyf mans met klapmusse aan deur die agterdeur ingebreek het. Die aanvallers het die bejaarde egpaar vasgebind. Hulle het vir Christine in ’n badkamer toegesluit. Willem is na buite (en volgens sommige registers, later terug na die slaapkamer) geneem, waar hy met ’n steekwond aan die nek vermoor is. Sy vrou kon eers die volgende oggend (Dinsdag, 19 Desember) daarin slaag om haar toue los te sny. Sy het hulp ontbied en op haar man se liggaam afgekom. Die aanvallers het die huis geplunder en is met geld en ander persoonlike besittings daarvandaan weg. Mnr. Willem van der Westhuizen was die biologiese broer van Anna Maria Geyer (69) wat 17 jaar tevore op haar plaas vermoor is.
🔗 Source: maroelamedia.co.za
View the full memorial →
Remember the Fallen — a memorial record of South African rural farm killings.