Nel Gerhard

Nel Gerhard

1 July 2024 · Tevrede farm, Porterville · Western Cape · Stabbed
Age 65. Vyf gewapende mans het toegang tot die huis verkry deur 'n gat onder die elektriese heining te grawe.Gerhard en sy vrou, Barbara (63), is in hul slaap oorval. Gerhard is ses keer met 'n skerp voorwerp gesteek (in sy nek, rug en bors).Barbara is vasgebind en die aanvallers het die huis geplunder. Hulle het onder meer bankkaarte, selfone en vuurwapens geëis. Barbara het daarin geslaag om los te kom en die bure te ontbied.Gerhard is inderhaas na die Lapa Munnik-hospitaal op Porterville geneem.By die hospitaal was daar egter geen dokter beskikbaar nie, wat gelei het tot 'n ondersoek deur die Wes-Kaapse departement van gesondheid. Hy is kort daarna oorlede.
🔗 Source: maroelamedia.co.za
View the full memorial →
Remember the Fallen — a memorial record of South African rural farm killings.